Donderdag 03 Oktober 2013

Reflektiewe Skryfstuk


Soos ek nou hier sit en tik, dink ek aan alles wat ek al moes getik het en ek moet erken dat dit aaklig was.

Ek is nie baie goed met rekenaars nie en die ondervinding was glad nie lekker nie. Toe ons die ‘blog’ moes skep was dit baie moeilik want ek het nie geweet wat om te doen nie en wanner ek dit yteindelik reg gekry het was daar ‘n internet problem. Die internet dieste was regtig nou eenmaal lelik en sleg!!. Dit was net ‘n groot gemors en dit het baie op my senuwee gewerk.

Die opsetting van die ‘blog’ was nie die ergste nie, om eindelik te sit en dink wat ek moet tik was moeilik want ek het eerstens nie geweet waaroot om te blog nie en tweedens het ek dit moeilik gevind om iets interesant t skryf oor die tema wat ek gekies het.

My Afrikaans is nie baie goed nie en die ‘blog’ het weereens vir my bewys hoe vrot my Afrikaans regtig is. My Afrikaans is vrot in terme van skryf en nie praat nie, of miskien altwee want ek praat ‘kombuis afrikaans’.

Ek het baie dinge geleer maar ek sal nie weer op hierdie manier geleer wil wees nie.

Aaklige ervaaring. Punt klaar!!

Baie dankie dat julle tyd afgeneem het om my blog te lees en om ook te “comment”

Dankie daar is nie ‘n volgende keer nieJ

Donderdag 26 September 2013

opvoedkundige skryfstuk



Terwyl ek nou so sit en dink aan wat my ma my al geleer het, hardloop hier soveel dinge deur my gedagtes. Ek weet nie watter een om neer te sit nie.

Ek woon in ‘n baie “influencial” gebied en ek bedoel nie “influencial” in ‘n goeie lig nie. Ek raak groot tussen dinge wat jong kinders of jong mense moet ervaar of sien nie.

Een ding wat my mammie my in geleer het is hoe om bo my omstandighede te styg en hoe om ‘n beter mens te wees.

Stap1: Stel God heel eerste in jou lewe.

Stap2: Glimlag altyd want om te glimlag is een van die mees gesonde dinge ooit.

Stap3: wees jouself want om iemand anders te wees gaan jou nerens bring nie.
Stap4: Stel realistiese doelwitte vir jouself
Stap5: Doen alles wat jy kan om daardie doelwitte te kan bereik.
Stap6: Onthou om die sleg en goed in ag te neem wanner jy bekangrike besluite neem
en Stap7: Geniet jou lewe terwyl jy nog jonk is want wanneer jy ouer word gaan jy nie juis tyd het daarvoor nie.
Ek probeer om te doen soos my ma van my verwag maar partymal is dit moeilik maar sy het my ook geleer dat ek moet aanhou en aanhou tot ek heeltemal tevrede is met die eind resultaat.
Ek hoop julle het iets geleer en sal probeer om hierdie stappies te volg om 'n beter lewe vir jouself te he en vir jou geliefdes.
Tot volgende keer:)

Saterdag 21 September 2013

verhalende skryfstuk


Ek het so baie dinge om te se oor my ma en soveel stories oor haar wat ek kan en wild eel.

Elke jaar wanner iemand verjaar is my ma die eerste persoon om die persoon wie se verjaarsdag dit is geluk toe te wens. Sy het ‘n unieke manier hoe sy dit doen en sy doen dit met almal, bekend en selfs onbekend.

Met my ouer suster se een en twintigste verjaarsdag het sy dit gedoen en ek het ook daai lelike gewoonte aan geleer. Almal het baie lekker saam gemakietie die dag voor haar verjaarsdag en het hulself geniet, die oomblik toe die horlosie twaalfuur slaan was almal en alles net dood stil behalwe een persoon, my ma. (Nie dat dit vir my ‘n verassing was nie). My ma het gesing so lelik as wat sy kan. Sy het als probeer om lelik te kan sing en vanselfsprekend het ek saam haar begin sing want dit is wat sy verwag van my. Almal het dit snaaks gevind en saam begin sing en dit bewys net weereens dat my mammie nie juis al haar varkies tuis het nie. Sy is die mees ongewoonste persoon maar steeds is ek onsettend baie lief vir haar.

Tot volgende keer.

Ek het so baie dinge om te se oor my ma en soveel stories oor haar wat ek kan en wild eel.

Elke jaar wanner iemand verjaar is my ma die eerste persoon om die persoon wie se verjaarsdag dit is geluk toe te wens. Sy het ‘n unieke manier hoe sy dit doen en sy doen dit met almal, bekend en selfs onbekend.

Met my ouer suster se een en twintigste verjaarsdag het sy dit gedoen en ek het ook daai lelike gewoonte aan geleer. Almal het baie lekker saam gemakietie die dag voor haar verjaarsdag en het hulself geniet, die oomblik toe die horlosie twaalfuur slaan was almal en alles net dood stil behalwe een persoon, my ma. (Nie dat dit vir my ‘n verassing was nie). My ma het gesing so lelik as wat sy kan. Sy het als probeer om lelik te kan sing en vanselfsprekend het ek saam haar begin sing want dit is wat sy verwag van my. Almal het dit snaaks gevind en saam begin sing en dit bewys net weereens dat my mammie nie juis al haar varkies tuis het nie. Sy is die mees ongewoonste persoon maar steeds is ek onsettend baie lief vir haar.

Tot volgende keer.

Woensdag 04 September 2013

beskrywenede skryfstuk


Ongewonne rowwe regie kan in soveel verskillende woorde verduidelik word sowel as verskillende aspekte.

Ongewonne rowwe regie is gebaseer op my ongewonne ma en die rowwe gebied waarin sy haar gesin groot maak. My ma is nie juis soos enige ander ma nie. As ek die moeders in my gemeenskap moet vergelyk met my ma staan sy definitief soos ‘n paal bo water uit.

Ek onthou toe ek jonger was, was my ma maar ‘n gewonne ma, maar sy het baie verander vandat haar ma vier jaar gelede afgesterf het.

Ek onthou die dag toe ek en my mammie besluit het om die huis kant tot hoek skoon te maak. Ons het baie lekker saam gewerk en mekaar se geselskap geniet. Ons het na musiek geluister en my ma het net begin dans. Sy het gedans en gedans en gedans. Ek het haar nog nooit so gesien nie en dit het my bietjie onkant gevang.  Sy het die snaakste dansies gedoen dat dit later nie eers meer soos dans gelyk het nie.  Ek het eendag besluit om haar te vra hoekom sy so “mal” is en sy het net gese “wel, ek moet darem inpas by die jongspan met wie ek nou woon”.

 Ek kan vir ure in my ma se geselskap sit en net gesels oor enige iets. Ek kan gesels oor my probleme, my verhoudings en enige iets wat op my hart is. Sy sal my nooit weier nie en sal altyd haar groot hart oopmaak teenoor my. Sy is die beste pret wat ek in jare gehad het. Sy laat my lag tot my maag seer is en ek nie eers meer kan praat nie maar sy maak my ook so kwaad dat ek net rooi sien.

My mammie is ongewoon in terme van haar mal persoonlikheid, haar groot hart, onophouende grappe en haar manier in hoe sy haar kinders groot maak.

Ten spyte van die rowwe gebied waar ons woon het my ma ons gesin groot gemaak soos sy dink reg is. Ons omstandighede het nooit haar drome en aspirasies vir ons verander nie en sy was en is altyd vol hoop. Ek kan met ‘n glimlag en ‘n trotse hart se dat sy my mammie is want ek sien nie elke dag die liefde wat sy vir ons wys in ander ouers nie. In ons gebied sien ek woede, haat, teleurstellings en ouers wat hul kinders lelik behandel en mismoedig maak. Ouers wat hul kinders se drome breek omdat hulle nie hoop het nie, maar ek sien dit nie in haar nie. Ek sien iemand wat ongewonne dinge sal doen om haar gesin in eenstuk te hou en om ons gelukkig, sterk en suksesvol te maak.

My ma is ongewoon wat in ‘n rowwe gebied haar gesin groot maak. Dit is my regie oor haar en ‘n regie wat ek nie sal verander nie.

Tot volgende keerJ

 

Dinsdag 27 Augustus 2013

Soos baie van julle by nou al weet staan ek bekend as Carmen Chanelle Strydom. Ek is 19 jaar oud en is gebore 3 desember 1993. Ek geniet dit baie om tyd te spandeer met my familie en vriende. Ek sien myself as iemand wie se voete plat op die aarde is en ook as iemand wie weet wat sy yt die lewe wil he, wat sy moet doen om dit te kan bereik en hoe om daar te kom. Met eerste ontmoeting sal ek se dat ek as 'n baie stil, naiwe en onskuldige wese voorkom en later baie mense verkeerd bewys. As ek myself moet beskryf sal ek definitief se dat ek 'n eerlike, liefdevolle, betroubare en normale mens is alhoewel party mense nie met my sal stem nie. Ek het 'n paar mense gevra om my te beskryf en die woorde wat die meeste voorgekom het was mal, ongewoon, vriendelik en asemrowend. die asemrowend het ek bygevoeg. Ongewonne Rowwe Regie sal jou baie leer oor wie ek is, waar ek vandaan kom en hoekem ek die naam Ongewonne Rowwe Regie vir my blog gekies het.

Tot volgende keer.:)