Soos baie van julle by nou al weet staan ek bekend as Carmen Chanelle Strydom. Ek is 19 jaar oud en is gebore 3 desember 1993. Ek geniet dit baie om tyd te spandeer met my familie en vriende. Ek sien myself as iemand wie se voete plat op die aarde is en ook as iemand wie weet wat sy yt die lewe wil he, wat sy moet doen om dit te kan bereik en hoe om daar te kom. Met eerste ontmoeting sal ek se dat ek as 'n baie stil, naiwe en onskuldige wese voorkom en later baie mense verkeerd bewys. As ek myself moet beskryf sal ek definitief se dat ek 'n eerlike, liefdevolle, betroubare en normale mens is alhoewel party mense nie met my sal stem nie. Ek het 'n paar mense gevra om my te beskryf en die woorde wat die meeste voorgekom het was mal, ongewoon, vriendelik en asemrowend. die asemrowend het ek bygevoeg. Ongewonne Rowwe Regie sal jou baie leer oor wie ek is, waar ek vandaan kom en hoekem ek die naam Ongewonne Rowwe Regie vir my blog gekies het.
Tot volgende keer.:)
Enkele opmerkings:
AntwoordVee uit1. is gebore op 3 Desember 1993
2. te spandeer - deur te bring
3. wie weet - wat weet
4. yt - uit
5. hê met 'n ê
6. sê
7. naïwe
8. stem - saamstem