Saterdag 21 September 2013

verhalende skryfstuk


Ek het so baie dinge om te se oor my ma en soveel stories oor haar wat ek kan en wild eel.

Elke jaar wanner iemand verjaar is my ma die eerste persoon om die persoon wie se verjaarsdag dit is geluk toe te wens. Sy het ‘n unieke manier hoe sy dit doen en sy doen dit met almal, bekend en selfs onbekend.

Met my ouer suster se een en twintigste verjaarsdag het sy dit gedoen en ek het ook daai lelike gewoonte aan geleer. Almal het baie lekker saam gemakietie die dag voor haar verjaarsdag en het hulself geniet, die oomblik toe die horlosie twaalfuur slaan was almal en alles net dood stil behalwe een persoon, my ma. (Nie dat dit vir my ‘n verassing was nie). My ma het gesing so lelik as wat sy kan. Sy het als probeer om lelik te kan sing en vanselfsprekend het ek saam haar begin sing want dit is wat sy verwag van my. Almal het dit snaaks gevind en saam begin sing en dit bewys net weereens dat my mammie nie juis al haar varkies tuis het nie. Sy is die mees ongewoonste persoon maar steeds is ek onsettend baie lief vir haar.

Tot volgende keer.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking