Ongewonne rowwe regie kan in soveel verskillende woorde
verduidelik word sowel as verskillende aspekte.
Ongewonne rowwe regie is gebaseer op my ongewonne ma en die
rowwe gebied waarin sy haar gesin groot maak. My ma is nie juis soos enige
ander ma nie. As ek die moeders in my gemeenskap moet vergelyk met my ma staan
sy definitief soos ‘n paal bo water uit.
Ek onthou toe ek jonger was, was my ma maar ‘n gewonne ma,
maar sy het baie verander vandat haar ma vier jaar gelede afgesterf het.
Ek onthou die dag toe ek en my mammie besluit het om die
huis kant tot hoek skoon te maak. Ons het baie lekker saam gewerk en mekaar se
geselskap geniet. Ons het na musiek geluister en my ma het net begin dans. Sy het
gedans en gedans en gedans. Ek het haar nog nooit so gesien nie en dit het my
bietjie onkant gevang. Sy het die
snaakste dansies gedoen dat dit later nie eers meer soos dans gelyk het nie. Ek het eendag besluit om haar te vra hoekom sy
so “mal” is en sy het net gese “wel, ek moet darem inpas by die jongspan met
wie ek nou woon”.
Ek kan vir ure in my
ma se geselskap sit en net gesels oor enige iets. Ek kan gesels oor my probleme,
my verhoudings en enige iets wat op my hart is. Sy sal my nooit weier nie en
sal altyd haar groot hart oopmaak teenoor my. Sy is die beste pret wat ek in
jare gehad het. Sy laat my lag tot my maag seer is en ek nie eers meer kan praat
nie maar sy maak my ook so kwaad dat ek net rooi sien.
My mammie is ongewoon in terme van haar mal persoonlikheid,
haar groot hart, onophouende grappe en haar manier in hoe sy haar kinders groot
maak.
Ten spyte van die rowwe gebied waar ons woon het my ma ons
gesin groot gemaak soos sy dink reg is. Ons omstandighede het nooit haar drome
en aspirasies vir ons verander nie en sy was en is altyd vol hoop. Ek kan met ‘n
glimlag en ‘n trotse hart se dat sy my mammie is want ek sien nie elke dag die
liefde wat sy vir ons wys in ander ouers nie. In ons gebied sien ek woede,
haat, teleurstellings en ouers wat hul kinders lelik behandel en mismoedig
maak. Ouers wat hul kinders se drome breek omdat hulle nie hoop het nie, maar
ek sien dit nie in haar nie. Ek sien iemand wat ongewonne dinge sal doen om haar
gesin in eenstuk te hou en om ons gelukkig, sterk en suksesvol te maak.
My ma is ongewoon wat in ‘n rowwe gebied haar gesin groot
maak. Dit is my regie oor haar en ‘n regie wat ek nie sal verander nie.
Tot volgende keerJ