Terwyl ek nou so sit en dink aan wat my ma my al geleer het,
hardloop hier soveel dinge deur my gedagtes. Ek weet nie watter een om neer te
sit nie.
Ek woon in ‘n baie “influencial” gebied en ek bedoel nie
“influencial” in ‘n goeie lig nie. Ek raak groot tussen dinge wat jong kinders
of jong mense moet ervaar of sien nie.
Een ding wat my mammie my in geleer het is hoe om bo my
omstandighede te styg en hoe om ‘n beter mens te wees.
Stap1: Stel God heel eerste in jou lewe.
Stap2: Glimlag altyd want om te glimlag is een van die mees
gesonde dinge ooit.
Stap3: wees jouself want om iemand anders te wees gaan jou nerens bring nie.
Stap4: Stel realistiese doelwitte vir jouself
Stap5: Doen alles wat jy kan om daardie doelwitte te kan bereik.
Stap6: Onthou om die sleg en goed in ag te neem wanner jy bekangrike besluite neem
en Stap7: Geniet jou lewe terwyl jy nog jonk is want wanneer jy ouer word gaan jy nie juis tyd het daarvoor nie.
Ek probeer om te doen soos my ma van my verwag maar partymal is dit moeilik maar sy het my ook geleer dat ek moet aanhou en aanhou tot ek heeltemal tevrede is met die eind resultaat.
Ek hoop julle het iets geleer en sal probeer om hierdie stappies te volg om 'n beter lewe vir jouself te he en vir jou geliefdes.
Tot volgende keer:)
Jy sal baie ver in die lewe kom as jy dié raad aanhou volg.
AntwoordVee uitEnkele opmerkings:
1. “influencial” - invloedryke
2. raak groot - word groot
3. mees gesonde - gesondste
4. nerens - nêrens
5. wanner - wanneer
6. juis tyd het - juis tyd hê
7.eindresultaat - een woord