Donderdag 03 Oktober 2013

Reflektiewe Skryfstuk


Soos ek nou hier sit en tik, dink ek aan alles wat ek al moes getik het en ek moet erken dat dit aaklig was.

Ek is nie baie goed met rekenaars nie en die ondervinding was glad nie lekker nie. Toe ons die ‘blog’ moes skep was dit baie moeilik want ek het nie geweet wat om te doen nie en wanner ek dit yteindelik reg gekry het was daar ‘n internet problem. Die internet dieste was regtig nou eenmaal lelik en sleg!!. Dit was net ‘n groot gemors en dit het baie op my senuwee gewerk.

Die opsetting van die ‘blog’ was nie die ergste nie, om eindelik te sit en dink wat ek moet tik was moeilik want ek het eerstens nie geweet waaroot om te blog nie en tweedens het ek dit moeilik gevind om iets interesant t skryf oor die tema wat ek gekies het.

My Afrikaans is nie baie goed nie en die ‘blog’ het weereens vir my bewys hoe vrot my Afrikaans regtig is. My Afrikaans is vrot in terme van skryf en nie praat nie, of miskien altwee want ek praat ‘kombuis afrikaans’.

Ek het baie dinge geleer maar ek sal nie weer op hierdie manier geleer wil wees nie.

Aaklige ervaaring. Punt klaar!!

Baie dankie dat julle tyd afgeneem het om my blog te lees en om ook te “comment”

Dankie daar is nie ‘n volgende keer nieJ

1 opmerking:

  1. :-D Ek is vreeslik jammer dat ek jou lewe so moeilik gemaak het. Vir iemand wat so min daarvan gehou het, het jy jou goed van jou taak gekwyt! Jou Afrikaans is nie naastenby so vrot so jy sê dit is nie. Nou kan jy lekker ontspan en rustig leer vir die eksament...sonder 'n rekenaar ;-)

    AntwoordVee uit